Ontkoppeling
ONTKOPPELING Oop en bloot onbeskaamd arrogant Gooi jy jou strikke argeloos roekeloos halsstarrig onophoudelik voor my voete neer glo jy in jou duister sinsbedrog dat jy my indien nie nou dan eendag tog noodlottig sal verwond Besef jy nie dat ek onaantasbaar is en vlekkeloos wit in lewe of in dood? Dat ek daagliks sonder […]
Kaiings in die vuur
Twee driebeenpotte staan wydsbeen oor die laaste stomp. Die kampvuur onder hulle koud en amper uitgebrand. Lankal leeg geplunder. Die een was vroeër stampvol stywepap. Met goudgeel brandsel aangebrand tot hoog teen die kante op. In die ander kaiings. ‘n Hele halwe vark s’n. Brosgebraai en daglank uitgekook tot soutbruin lekkerte. Kraakvars en heerlik vetterig. […]
My Herinnering Utopia
Herinndering aan utopia Johan van Rensburg Gejaag na wind elke dag se harde werk wat jou weg van gesin verbind blydskap, amper verdiende vertrek Oppad na ons gesin se Utopia is klaar beplan, geld gespaar ruskans om saam te geniet bid dat God ons op pad bewaar Meer en see in Richardsbaai op die strand […]
stormliefde (Silwer)
‘wyl die storm in ons woed en ons harte brandend pols vul jou hartstog my siel en sleur my mee sodat ek weerloos sug: “min my!”
Gorrel oor liefde
Voorreg om te gorrel oor liefde. Meningsfeit is dat liefde deur lewens ervaring en omstandighede verskillend deur mense ervaar word en gewys word. Voorbeeld is valentynsdag. Getroude paartjie vir baie jare se valentynsdag verskil baie van die onlangse getroude paartjie voor die kansel in die kerk. Saam met voorspoed en tee”spoed het getroude paartjies elkeen […]
Nooit te laat vir liefde
Nooit is dit te laat vir liefde wonder sy terwyl uitkyk in natuur hoe lank nog sal ek moet wag liefde te brand in my soos vuur God weet ek is te alleen met wie kan ek saam lag man wat ek op kan steen voort leef vir elke dag Sal ek op verkeerde plek […]
In eenvoud skuil opregtheid (Silwer 576 woorde)
Liefde is ‘n kontroversiële saak met baie uiteenlopende verklarings waaroor daar al vir baie jare bespiegel en oor geskryf word. Dat dit ‘n spesiale gevoel is waarvan jy in jou binneste bewus word, is ‘n voldonge feit, maar wat gee aanleiding tot daardie gevoel? Is dit toegeneentheid of bewondering? Dalk ‘n weerspieëling van jouself wat […]
Huisbesoek
‘n Monument aan die Liefde. Geskryf deur: Fanus Strydom Woordetal: 3 903 Die wewenaarseisoen van dominee Frederik Postumus Van Graan, was van korte duur. Onverwags. Skaars gemaklik met die dra van swart, op Sondae was van die ouer dames in die gemeente, of dinge verander. Onverhoeds. Én, te midde van ‘n buitengewoon-hetige Laeveldsomer. ‘n Sware, […]
SIELSVERVOERING (goud)
Wanneer ek weer sterre pluk wil ek jou skelm saamsleep met uitgestrekte hande silwer stringe om jou heupe snoer sodat jy saam kan sweef sonder dat iemand ons ontsyfer of ons astrologies probeer ontleed wanneer ek my planete aan jou lippe hang. © Feb 2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
Net in droomland
Net in droomland Wanneer die son sy vere duvet oor sy kop trek en die maan soos ‘n silver lugballon lui-lui teen asemrowende indigo verby beweeg Wanneer neonligte verdoof en duisend spikkels blink in die hemelruim spog Wanneer die paddakoor lostrek deur kriek se vlerk viool begelei raak jou ooglede swaar en jou asemhaling reëlmatig […]