Jongste aktiwiteit:

Sefier

 

dit was nou aangenaam

jou gedagtes soos ‘n ligte briesie

wat saggies oor my duin kom waai het

my gedagtes ver en aangenaam terug gevoer het

na my jongmenslewe, die lewe van sturm und drang

daardie lewe wat elkeen moet afgee aan ouderdom

die groot geveg teen die “derdom” van die jare

sagter as die sterk winde van weleer

kom jou woorde na my aangesweef

bring dit verligting vir die hede

soos ’n spesiale suidoostertjie

wat egaliseer waar dit grof

en ongelyk geraak het

 

© Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed