Jongste aktiwiteit:

Lente by die dam

Lente by die dam

Sou jy padlangs, daar verby die koppie, gaan, vind jy die rooi fiets by Kromdraai se pos, teen die dam staan gemaak.

Blomme van alle kleure en geure groei daar tussen verlate vlaktes.

Selfs onkruid sukkel om daar vastrapplek te kry.

Almal noem haar Lente, die vrou wat daar blomme plant.

Vroeg soggens vat sy die pad met haar hoed en fiets, altyd iets om te gaan plant.

Droewig was die pad, maar nou sien almal uit na Lente se blommetuin daar by die dam.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed