Jongste aktiwiteit:

Dans van die wind

Dans van die wind

Suidewind, sag en stil, draai en swaai tussen tak en blaar.

Oostewind, kom dans nou saam.

Stof en warrelwind wil nie bedaar nie.

Saam lyk dit na ‘n liefdesdans. Die suidooster is ook op die baan.

Blare werrel, blomme word oral gestrooi.

Saad word rondgewaai en iewers deur die wind en stof geplant.

Wanneer die lied van die wind sou stil word, gaan lê die dans asof dit nooit bestaan het nie.

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed