Ja die hoender is n wondelike ding
Ja, die hoender is ‘n wonderlike ding
Geurig op elke familietafel lê jy gebak, of soms in ‘n egte kerriesous gekook.
Hen se eiers vir ontbyt, of gebruik in gebak en brou.
Soggens, met die eerste gekraai, wys elke haan wie is baas.
Selfs in Afrikaans kom maak jy gereeld ‘n draai.
Van vrouens wat kekkel, ‘n storietong wat ‘n eiertjie wil lê.
Vroegslapers kruip saam met die hoenders in en verliefdes sleep weer vlerk.
Tot waar jou grense ook al strek, verdien jy eintlik ‘n ereplek as ‘n nasionale voël in Afrikaans.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.