Jongste aktiwiteit:

Quo Vadis

Silwer

Vanmelewe is die vraag al gevra
en vandag nog is dit iets wat pla.
Die Afrikaner wat by ‘n kruispad staan
met verengelsing wat om hom aangaan.

Sal die Afrikaner hierdie oorlog oorleef,
met die jong geslag wat tale verweef?
destyds as ‘n kombuistaal beskou,
maar tog suiwerder gepraat as nou.

Afrikaans moet kwansuis uit die boeke uit,
maar dit skeel my minder as ‘n duit,
want Afrikaner is ek in murg en bloed,
my taal my beste stukkie erfgoed.

Die Afrikaner het gekom om te bly
en na honderd jaar kan niks ons onderkry.
Die Afrikanerstem sal nooit stil raak-
dit is’ n uitgemaakte saak!

Quo Vadis is steeds die vraag vandag,
en ons antwoord: In eendrag is ons mag.

Aanhaling van DF Malan tydens die inwydingstoespraak van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed