slawerny van die gees
“Geskiedenis is geneig om homself te herhaal.”
in die oorsê van elke dag se woorde
wil jy weergee wat in jou hart omgaan
ervaring oordra wat jyself aangeleer het
uit jarelange repeterende assosiasie
met “doen wat reg is” – politiek
operante kondisionering
wat die klassieke
geheel oorskry
die etos
te verander
sodat die patos
in elke mensegemoed
daartoe neig om te aanvaar
sonder onafhanklike denke
sonder morele hoekstene
net maar aanvaar
“omdat dit die
regte ding
is om te
doen”
is dikwels
nie reg
nie
© Tearlach.
(Patos oortuig die hart. Etos oortuig deur respek.)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.