“Gee die hond wind”
Juanri
Brons-Gedigte
“Gee die hond wind!”
het oupa gesê
as my woorde vasgehak
in my gedagtes kom lê.
Whisky die brak
hardloop af in die straat,
maar altyd het oupa met mý gepraat!
“Maak ‘n kopskuif my kind,
en troetel die plek
van son en lag en wonderwerk!”
Nou hoor my siel net sy eie stem
wat sukkel oor my mond se kring
Wie sal dan nou die vrede bring?
“Gee die hond wind!”
My kopskuif moet nou
die vrede en vreugde
In my sielshart vertrou.
Al sou dit wees in die lag van ‘n kind
Waar ek my sielsgeluk weer vind
Koester ek dit en gee ek dit plek
want ek is oupa se seen bedek.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.