Die hart van n ouer Goud
Ek wil jou toevou in watte
in ragfyn sy
jou toe-koekon
sodat jy veilig kan bly
ek wil jou vlerke knip…
die Ikarus blus
sodat die skroeiende son
se venynige vlam
homself kan uitwis
ek wil jou vasketting,
die naelstring weer verbind
maar ek weet,
die voetpad van die lewe
moet jy vir jouself kan vind
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Mei 2025 – OOP projek