Hello Vincent Einstein
die koue bou kristalle
in wind stil veld
uit die suiwerste
vroeë oggend lug.
sterre skitter in kristal
bring warm groete
oor miljoene steriele myle
om aan my hart te klop.
die energie van ń ster kombers
vou om my klein massa
in die helder mooi
blougeel lug.
dié moment
is groter as die al die kennis
wat dit vereenvoudig
in E = mc2.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.