1942 Morsekode ongehoor
As ek ‘n soetstil môre was
en ligvoetig aan die hemel pik
eufories staar na die son
en myself verblind,
vlerke gesprei vir die vlug
hou my blind sodat ek kan sien
en ek dra my vel
soos ‘n ou karos
vaal deurgeskaaf ontbloot vir die elemente,
soos stof wil ek verdwyn
wegbreek in ‘n wolkgordyn
een-nege-vier-twee
een-nege-vier-twee
morsekode ongehoor
die kinders praat kubertaal-
ons is almal sonskyn,
dagdroom dose.
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.