Jongste aktiwiteit:

moeder

in ‘n saal by queen vic binne die goudstad
by die maanlig skuins deur ‘n ruit
kom ‘n snik uit ‘n kot deur die stilte wat
‘n tiet soek om aan vas te byt

die bouer het aandeel toe hy ‘n steen kom lê
in die oudste van die lorie-oom se buik
dis iets wat hy later nie sou wou hê
nog ‘n seun om na te kyk

die seningtaai stout rampokker vars uit ‘n boek
sou haastig op hemel toe beur
plots een dag toe hy ‘n vis red van ‘n hoek
staar ‘n jongman terug uit die meer

in ‘n sirkus wie is jy as geen siel jou sê
die maergat nar of brullende leeu
dis die veraf stem wat jou wakker laat lê
moet jy lag huil of skreeu

sonder kompas of skuit teen die ewige blou
nou man met sy slimme plan
‘n storie om so ver weg van kinders te hou
soos die ruiter van skimmelperdpan

‘n ma se gebede sou kom red van die dood
na oorig trane seer en pyn
en eers toe hy rus vind op Pa se skoot
het die wond in sy seunshart verdwyn

hoor hom nou moeder daar is ‘n heilige koord
jy is een soort ‘n merkwaardige vrou
sy hart het ‘n plekkie wat net aan jou hoort
hy bly altyd meer lief net vir jou

jy was meer as iemand wat net boudjies skoonmaak
of soms ‘n lang snotbel kon afvee
jou kudde sou jy met jou laaste asem bewaak
van jou eerste tot heel laaste tree

renier du toit
26/06/2020




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed