
afgesonder
my duin lê stil
afgesaag van die strand
soggens vroeg stap daar
vlug-voetend mense verby
later word dit weer stil
die see is bekommerd
met onweer op pad
my siel vat nie grond
dit vibreer onder uit
blou lug met wit wolke
wat soms vere uitskud
en die aarde benat
agter dit alles
lê die koue
netjies
en
wag
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Hou van baie met die huidige weer in natuur & mens