Vryheid
Papier is geduldig,
maar ek kan nie meer kef
teen die maan
tussen breë melkwit stergordels
aan die uitspansel
oor jou liefde wat my in die seer tas nie
so ek gaan stap
met gewapende harnas
en geskubde oë
‘n stryd steilbergpad
opsoek na blywende vrede
en verspreide geluk.
©Zebulon Kochk
Zebbiekaans
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2021 – Metaforiese projek