tot volgende jaar
met opgehewe magies
volgepak met ongewone
ryk disse van die feesgety
stap oom en tannie stadig
laat diep spore in die sand
met volgepropte gedagtes
aan kleinkinders se gesiggies
wat heerlik saam gekuier het
oor alles saam gelag en gesels
bruin gebrand het in sonskyn
met hartseer maar tevrede hart
weer gegroet tot volgende jaar
hul die lewe hou glo en vertrou
so vlieg die jare van oud wees
deur hul oë vervaag in beloftes
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.