
Koggelroep
die son het my gekoggel
terwyl sy strale verblindend
asof tussen glasskerwe kaats
en elke slukkie windasem word gesteel
onder ‘n Mopani wou ek gaan sit
maar die wind het my vel geskroei
onwillekeurig het my voete pad gevat
opsoek na ‘n dowe plek
sonder ‘n koggelroep
dit was egter eers
deur die donker skadu’s
van die na-nag (daar iewers
in die ooste) onder die wysheid
van drie helder sterre
wat ek my sakke met wysheid kon vul
en opeens het ek geweet –
ek het weer opnuut
my pad na redding gevind
© Anzé Bezuidenhout
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.