Jongste aktiwiteit:

Koekeloer lag vir ons?

Pastiche
(met apologie aan Eugene Marais se ‘Is daar nog trane’)

Speel jy met my blikaspaai
winkend deur goue rooidag gety
borrelend vanuit diepe maag gekraai
koekeloer lag vir my

koekeloer lag vir my?
op skoppelmaaie van geluk
baljaar my innerlike kind in geheim’nis
laat trane oor my wange gly

om ’n kombuistafel, knus en gesellig
sing skaterlag stellig
in oopgebreekte granate onb’jammerd
van kind wees rein en onb’kommerd

seevierend onder bloue baldakyn
ligvoets, dansend op vrolike sonneskyn
skaam plukkend om woordskepper
lonk ons harte liefd’rik ingenome
onder nagtelike stilte van ster’skepper
skyn lag helder in ons drome

so lê my lag, vir jou aangegewe
in ’n verboude huis van blydskap
waarvan kreukels van lewe
in kraaiende kind-tuin uitgestryk stap
daar … is my soetklinkende lag ingewewe.

© Taai Bonthuys




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed