Water
Grondwater vloei in donker
kanale deurdie aarde
onder ń dor skruwe vel
in nat are
milleniums ongestoord.
Vlees en gees verdor
soekend na water
in predikant en boorman
se oppervlakkige redes.
Boorman wys uit
druis dan ń krag punt
in donker stilte in
om diepe aar
te ontbloot.
Stille verslane mense
hoes verleë
deur predikants verkoopsrede
van godsgenade.
Die natuur
verduur ongestoord
mense
soos water op ń eend
se rug.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.