Jongste aktiwiteit:

Gerhard

Gerhard

Dit was vroeg een dag
hier rondom Standard Ag
ek groet hom toe ‘Rooies’, soos sy hare en vel
net soos ou Trompie sou doen met sy pel.

My vriendelik groet
word met woede ontmoet
my vriendelike daad
het sy eer geskaad!

“Direk na skool, daar agter die saal,
ek gaan al daai rooi woorde uit jou mond uithaal!”
Ek staan skoon verstom
oor die maat se gebrom

Ek is heel verontrus,
sou dit nooit eers kon wis
dat die rooikop vriend van soveel jaar
die woord as ʼn onreg teen hom sou ervaar!

Die laaste klok het gelui
ek stap by die klasse verby
ek draal na die saal
want my pak moet ek haal!

Hy is langer as ek
sy arms sal verder kan rek
maar ek is frisser as hy
hy sal seerder kan kry!

Tog maak dit niks saak
want ek noem hom my maat.
Hy lig sy vuiste na bo, maar ek kyk in sy oë
en ek sien ook hy kan wat gebeur glad nie glo.

Ons skerm-skerm ʼn bietjie teenoor mekaar
maar toe moet ek eers my hart openbaar
“Ek is jammer ou Gerhard, ek wou nie seer maak.”
“Dis reg my ou maat, dit maak nie meer saak”

Ek kyk op na hom
en ek staan weer verstom
om so gou te vergeef
sê iets groots van sy gees.

Ons skud hand en maak vrede
want ons weet dis óns keuse.
Ons stap saam na die hek
ou Rooies en ek!

Deur Stephan Uys




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed