Dade en Drome
Dade en drome
Die drome wat ek droom
is nie in sagte pastel of room
eerder vurig vlamrooi
en oggendstond mooi.
Realiteit wil my dagdrome liasseer
daardie uit-pas-emosies termineer
die nie-geykte gevoelens kalibreer
alles na normaal reduseer.
Maar ek sprei my vlerke
ek oorskry alle perke
strek myself so ver ek kan reik
sodat my dade my drome bereik.
deur Stephan Uys
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.