bloeiend
wanneer die fynbos bloei
dan trek daardie reuk oor my duin
dit neurie vars deur my reuk sintuie
elke asemteug ‘n nuwe gleuf van sin
so bloei ons jongmense uit ons uit
winde van verandering neem hul
gooi hul uit oor wêreld strande
waar hul wortel skiet en blom
blomme soos roos knoppe
wat telkens sy beste
kleur en geur
vertoon
verlore vir ons
wonderlike tuine
bloesend
van kleur
vernuwe dit
nuwe wêrelde
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.