laat-lente droom
“Brons”
laat-lente droom
in sagte aandskemering neurie
die melodieë van nuwe seisoene
op die horison wink louter vreugde
van laat-lente sonskyngeel vir my
agter my voetspoor die herinneringe
van vervloë wintersdrome: nou verby
die deuntjie draal eensaam stil
my ‘onthou’ gesnoer in kroonjuwele
blye ontwaking: diamant in druppels dou
lente glimlag sag as sy sonskyn strooi
vrolike gekwetter van voëltjies vry –
nuwe lewe ontwaak in sonneskyn
velde bloeisel-bloos vrolik-bly
hul kans op nuwe lewe dartel-dans
op viooltjie-vreugde in purper-pers
lewe in die laat-lente ʼn groot geskenk …
©Marlene Erasmus
04/11/2019
2 Kommentare
-

Marsofine
Marlene, wat 'n pragtige vers met mooi sagte beelde, en soveel vrolikheid.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2019 projek - Laat-lente