
filibuster
soos die skemer daal
oor sy vuurwarm duin vanaand
strek rooi-geel vlamme in wolke uit
dit verf die hemelblou lug in oranje kleure
wat saggies verdwyn met die stygende nag
soos sy plek op die duin gereeld ‘n struikelblok
vir baie digters kan wees, so word hul filibuster
telkens ignoreer omdat daar ook grense is
grense van wat reg behoort te wees
en grense van wat reg blyk te wees
blasé raak die vers in digter
se mond wat heeltyd
filosofeer sê een
ignoreer die
vent sê
ander
hy
sal wel
moeg word
van sy eie retoriek
min weet hulle
moeg word
is nie in
sy
woordeskat
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.