Latest Activity:

Liewe moeder Liewe Moeder Natuur (epistel)

Liewe Moeder Natuur (epistel)

orden my denke
om in my handel en wandel
deur die doolhof van hierdie wêreld
jou skoonheid te metronoom
binne die sonette waarvan jy droom …

idiome
vir jou te weef binne die stylfigure
van jou reënwoude vleilande
riviere strome watervalle

ritme
vir jou te komponeer
binne die rympatrone van die strofes
in jou gedigte oor jou uitgestrekte vlaktes
die eggo’s van jou kranse
binne die balk van Sy skepping
in harmonie met
geloof …
hoop …
liefde …
——-ooo000ooo——-
(© Pieter Mostert)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • PJB het n geregistreerde lid geword

  • Ian wrote a new post

  • Amaspoke wrote a new post