Jongste aktiwiteit:

Sy is al wat ons het

Sy is al wat ons het …

luister na Moeder Aarde se fluister
in die morsekode van die wind
haar trane miswolk in die suurreën
oor die reënwoude van haar oë

lees haar boodskap
in die bryl-trane van die reën
wanneer sy voete dwarrel-spoor
oor die sand van haar dorsland

hoor die sug in die stembuiging
van haar kameeldoringpeul-asem
trompetter oor die besoedelde lug
wat sporades oor haar bodem wasem

kyk die sponsgebiede van haar wange
lê oopbars onder die vingers van die son
die bloeisels van haar wenkbroue verlep
omdat haar vleilande drooggelê is

lees haar boodskap in die gloed-gebare
van die son se golwe op haar horison
luister na die mymeringe in die solos
van haar watervalle riviere stroompies
die eggopatrone van haar kranse …

luister lees hoor kyk na Moeder Aarde
sy is al wat ons in hiérdie lewe het
——-ooo000ooo——-
(© Pieter Mostert)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed