Somersneeu
Somersneeu
Toegepak met sy wit yskombers, loer dennetakke se neuse en hoede tussen die sneeu.
Oral waar jy kyk, maak mense reg vir ‘n groot feestyd.
Branders breek, roomys, see en sand. Hier in ons mooi land is dit Kersfeestyd.
Sneeu en son kuier elk in hul eie seisoen.
Die lewe bied vir almal ‘n sonseisoen.
Sou moeilikheid soos kuiermense oor jou pad kom, geniet die seisoen waarin jy is.
Sneeu hoort by die winter, en die son by die somer.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.