Dorings
Dorings
Papierdorings lê vasgetrap soos ‘n tapyt onder jou voete.
Duwweltjies laat enige mens gemaklik dans.
Pendorings laat selfs mense Frans praat, ‘n taal wat almal kan verstaan.
Maar dorings in die hart skep ‘n seer wat sweer.
Almal ken daardie gevoel, maar tog saai ons keer op keer die gevaar.
Enige ander doring se pyn verdwyn. Maar die doring in die hart se seer bly vir altyd daar.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.