Jongste aktiwiteit:

Jou huis se geskiedenis.

Jou huis se geskiedenis.

Meeste van ons is so gelukkig om in ʼn huis te kan woon. Het dit al by jou opgekom dat elke huis sy eie geskiedenis het? Dieselfde geld vir elke woonstel of enige gebou. Vrae wat opduik is: wanneer is die gebou opgerig? Hoekom is die gebou oorspronklik gebou? Wie het die gebou beplan en ontwerp en laastens ook: wie het jou huis gebou? Soms wonder jy wie het al almal in die betrokke huis of gebou gewoon? Lewe hulle nog of waar is hulle tans teenwoordig?

As mens navorsing begin doen oor jou huis, hetsy vir historiese redes of blote nuuskierigheid, word jou soeke na antwoorde ʼn baie interessante projek.

Wanneer jy navorsing begin doen, is daar verskillende inligting waarna jy kan kyk:
a. Strukturele feite soos wanneer konstruksie plaasgevind het, of daar van ‘n argitek of gewone bouer gebruik gemaak is, watter boumateriaal gebruik is en of die gebou nog in die oorspronklike vorm bestaan.
b. Historiese inligting wat data bevat van wie die oorspronklike inwoner of eienaar was asook die inwoners wat daarna in die huis gewoon het.
ʼn Huis se geskiedenis kan bepaal word deur navorsing oor die historiese asook strukturele data.

Waar begin jy jou huis se geskiedenis navors?
Die beste vertrekpunt is om inspeksie te doen van jou huis. Hier kan aandag gegee word aan die tipe boustyl, watter boumateriaal gebruik is en die ouderdom van die huis. Dit is ook nuttig om na die omliggende geboue te kyk om te bepaal of daar ooreenstemmende kenmerke te bespeur is.
Die bure kan ook waardevolle kennis beskik oor die vorige eienaars en die buurt. Indien jy die oorspronklik akte vir jou huis kan opspoor sal dit vir jou soektog van waarde wees.

Wat is ‘n titelakte?
ʼn Titelakte is die dokument wat bewys van eienaarskap kan bevestig ingevolge Registrasie van Aktes-wette.
Elke eiendom besit sy eie titelakte. Hierdie is ‘n uiters belangrike dokument wat die volgende inligting aan jou kan verskaf:
Inligting van huidige sowel al die vorige eienaars.
Volledige beskrywing van die huis wat ook grootte aandui.
Koopprys van huis wat huidige eienaar betaal het.
Bepalings rakende die sonering asook gebruik en verkoop van die betrokke grond.

Jy kan begin deur die plaaslike munisipale kantore te besoek vir afskrifte van die bouplanne en rekords wat jou kan help in jou navorsing. Die Akteskantoor is nog ʼn plek waar jy kan aanklop vir hulp.

Indien moontlik kan jy ook na ‘n genealogiese biblioteek gaan in jou navorsing oor jou huis se geskiedenis.
Dit gaan nie net oor die bakstene en sement nie, die storie van vorige inwoners kan ook baie insiggewend wees as jy dit oorweeg om eendag jou huis te verkoop. As jy die geskiedenis van jou huis ken, kan dit vir jou ʼn oortuigende punt wees om die huis vir potensiële kopers aan te bied.

Gaan delf gerus in jou huis se verlede, jy mag aangenaam verras word.

©Marlene Erasmus
01/09/2022

Bronne:

WEES BEWUS VAN DIE VOORWAARDES IN JOU HUIS SE TITELAKTE


https://building-landscape.com/af/108636-why-you-need-to-know-the-history-of-your-house/




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed