Slimjan
Toe ek op ver gevorderde ouderdom
weer digvorme se reëls moes bestudeer
snelsonnet, koeplet, kwatryn en meer
het dié begrip eindelik tot my gekom
dalk moes ek in plaas van kattekwaad en jool
my Afrikaanse huiswerk doen op skool!
©️Elize Kruger
4 September 2022
2 Kommentare
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2022 Snelheids projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Goed gestel Elize - eks ook baie spyt dat ek nie meer opgelet het in die klas nie.