Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Geboorte in Bethlehem

Deur Ian
Datum gepubliseer: 23 November 2022 Aantal woorde: 881 32 Kere gelees Hou van

Brons (884 woorde)
Op ‘n plaas so 50 km buite Bethlehem in Vrystaat word daar orals gewerfskaf vir die BethlehemFees wat oor die naweek plaasvind, net Maria moet dit eintlik so bietjie rustig vat. Sy het sover ‘n gesonde swangerskap gehad, maar met die dat haar tyd nou naby is, moet sy kort kort iemand vra om die swaar goed op te tel. Waar sy in die kombuis besig is om die laaste paar bottels ingelegte perskes te verpak, verskyn Josef in die deur.
“Moenie dat ek sien jy tel die krat perskes op nie” sê Josef in die mooiste mansstem wat Maria ken, “roep my as jy klaar is, ek sal dit op die bakkie laai”
“Dankie my man onthou Martha kom saam ek kan nie die ene sonder my suster doen nie. Sy sal seker binnekort hier wees, ek’t haar gesê ons wil vroeg ry”
Dit is skuin na 11 en die bakkie staan gereed. Die stalletjies mag vanaf 12 uur opslaan om hulle produkte te pak, die hekke vir die Vrydag maak om 14:00 oop. Die jong getroude van der Merwes, Martha en Johannes, een van Josef se helpers op die plaas klim in die bakkie en kort voor lank stop hulle op die sportgronde van Bethlehem hoërskool, naby die badkamer geriewe vir Maria. Alles word sorgvuldig uitgepak en word elke botteltjie volgens soort gerangskik terwyl Josef sy houtgoed op die tweede tafel neersit.
Dit is reeds vroeg besig en stroom die mense in, dit moes so gelyk het die dag met die uit tog uit Egipte. Die verkope lyk besonders goed hierdie jaar. Later die middag voel Maria bietjie moeg.
“Josef, waar bly ons?” vra Maria met kommer in haar stem.
“Ummm oeps, ek het vergeet…” Josef het nog nie klaar gepraat nie toe Maria hom in die rede val.
“Nes ek gedink het, ek moes self op LekkeSlaap se website gegaan het en bespreek het. Nou waar dink jy gaan ek vannaand slaap. Ek sien sommer hoe word hierdie kind die naweek in daaardie verskrokte bakkie van jou gebore” Die onsteltenis is duidelik sigbaar in Maria se oë.
Josef begin sommer dadelik rondbel, maar soos Maria gesê het elke gastehuis, koshuis en hotelamer is reeds volgeboek. Hy bel die laaste nommer wat hy in die hande kon kry. Die plek is reeds ook vol maar die gawe man aan die anderkant van die lyn, bied teminste sy eie tent aan wat hulle kan opslaan op een van die karavaan staanplekke langs sy huis. Die tent huur is bonop ekstra en het dit mooi paai gekos vir Maria om in te stem dat sy die tentslaap moet oorweeg. Dit is immers beter as om elke aand laat die driehonderd slaggate huistoe te trotseer met ‘n hoogswanger vrou in die bakkie.
Johannes gaan sommer so op die feesterein by die tafel slaap, hyt darm sy uitskiet tentjie saamgebring. Mens kan hoeka nie deesdae te versigtig wees nie.
Martha maak die tent so gerieflik as moontlik met die geleende goed van die tent bure. Maria skaam haar eers so effens vir die verleentheid en besluit later dat dit tog nie sal help nie, Sy weet ou Josef het baie gehad om aan te dink en is alles gou vergete toe hy haar met ‘n beker warmsjokolade en haar gunsteling burger verras. Maria het aan die slaap geraak toe die feesgangers in die verte gehoor kon word soos die aand afgesluit word met paar wel bekende kersliedere.

Net voor 12 word Maia wakker met pyne wat sy nog nooit voorheen gevoel het nie. Sy het geweet, dis tyd.
“Josef, Josef word wakker” skud Maria aan haar man.
“Wat is dit Maria?” vra Josef nog woes deur die slaap.
“Dis tyd Josef, ek dink ek is in kraam”
Josef is net daar helder wakker en wil dadelik vir Maria help om haar by die bakkie te kry, maar daar is eenvoudig nie tyd nie. Dit maak Maria duidelik.
“Los Josef, maak Martha wake en bel solank die ambulans” sê Maria so deur die pyne deur wat by die sekonde nog erger raak.
Nog voor Josef vir Martha kon wakker maak is sy reeds langs Maria se sy, Josef soek nog na sy selfoon toe een van die tentbure tannies kom uitvis hoekom hulle so lawaai maak.
“Tannie my vrou is in kraam, ek soek my foon ek moet die ambulans bel en…” Josef wil nog verder praat toe tant Ester, soos sy haarself in die gewarboel voorgestel het, omdraai en haar man gaan roep.

“Isak!” skreeu sy by hulle tentdeur in, “kom help, die vrou is in kraam” wys sy na die tent wat skuin oorkant hulle sin staan”
Dit was seker skaars 10 minute of amper die hele tent gemeenskap staan by Josef hulle se tent, meeste seker uit nuuskierigheid en ‘n paar hande wat werklik kom hand bysit het. Isak is toevallig ‘n dr en word een van sy drome waar om ‘n baba te vang sonder die luuksheid wat die hospitaal bied nie. Hy het sommer die ambulans ook gebel, maar net ingeval van nood.
‘n Kort rukkie daarna, skenk Maria geboorte aan ‘n gesonde babaseun, sommer net daar in hulle geleende tentjie . So word die geboorte van ‘n babaseun die hoogtepunt van die Bethelehemfees. Waaroor daar nog jare lank gesels sal word.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    24 November 2022

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2022- OOP projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 27
Kommentaar telling: 7

Ek is 15 plus jaar in die onderwys betrokke, na al die jare uiteindelik besig met my B.Ed graad. Het 'n diploma in teologie. Ek is gelukkig getroud met 1 seun. Bedryf ook 'n Safe House vir kinders in Sasolburg. So iewers tussendeur maak en  tyd vir skryf en ook lees.  

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Pharos - Trotse borg van INK dig/skryfkompetisie

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 206 gaste aanlyn

Bydraes – Argief