Jongste aktiwiteit:

bloedbrief (silwer)

bloedbrief

in die holte van die berg se hand
blaas wind rimpels oor die water
wat patrone spoel oor die sand
en die dag word oopgebreek
in skakerings van oranje en rooi
wat lig en hitte bring
en prente teen die kranse gooi
rug teen ‘n uitstaan klip
wag sy die eerste strale in
met die bloedbrief teen haar bors
wat die wind uit haar hand laat glip
en sy weet sy moet voor begin
sy groet die son
en sy groet die maan
terwyl sy hoog teen die rotse staan
en afgeëts teen die blou
kom die eerste arend aan
met ’n boodskap wat eggo
dat sy in vrede terug kan gaan

©️ Hester Steenkamp




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed