
laat
laat
ek is muurlose stede;
stadsmure in aanbou
my ontsnappingsroete,
‘n doodloopstraat
ek is seilskepe
in ‘n kernvloot;
tot koning gekroon
in revolusie gedood
ek is muurlose stede;
stadsmure in aanbou;
eerste geweerskote
in tyd van vrede
jy is droë veld
en ek vuur
ons is waarskuwings
te laat uitgestuur
©VonVillon
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.