Jongste aktiwiteit:

ek verstaan

ek verstaan

ek het jou vanoggend gesien
voete op die bank
koffiebeker in die hand

jy het die dag
in ‘n notaboek op jou skoot
uitgeskryf

deesdae staan ek vroeër op
sit dan eerder in die kombuis
en lees koerant

onthou jy
ek kon nooit verstaan
waarom jy so …

voor jy vra
net die vensterbank
bo die buitekraan
moet nog geverf word
ek het die afdak
reggemaak
en die klein hek
gaan nie meer
vanself oop nie

hy
hy vra nog so nou en dan
na ‘n ruk
raak hy aan die slaap
die stoutgat raak nou groot
onthou jy die nooiensvaart
van sy plastiekwalvisboot
ons het gesing en gelag
terwyl die bad oorloop

ek het vars blomme gebring
jou gunstelingkleur
die winkel is besig
ek gaan vir eers moet ry
teen die tyd
weet jy
ek kom vrydag weer
en sal dan
langer bly

amper vergeet ek
ek verstaan waarom jy
hartseer geraak het

wanneer iemand
selfs in ‘n storie
jy weet …

©VonVillon




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed