Genade druppelreën
die Roos van Saron lê teen my gewete
wyl my lewe soos verdroogde fynbos staan
en offerloos skadu teen die berg van my hede
wat plek-plek skroei en verbrand tot as
dan… hoor ek ʼn ritseling in die stiltes van vergeet,
sien ek Sy kleed oor die bloei van my seer
en Sy genade wat kommetjietraan
oor die verniel, oor die van nie meer
druppelreën Sy genade soos manna
oor my verhongerde en vergete hosanna
©Cornien Naudé
25/04/2021
neologismes:
kommetjietraan – water meng nie met as nie en vorm ‘n plas
druppelreën – Soos in ‘n rolprent wat die beeld van baie reën stadiger gemaak word.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2021 - Oordenkingsprojek