
Blaarval van die maan (Brons)
langs die hoofpad van omgee
staan die takke trio trots
dog bekragtend strak afwagtend
op die maan se silwer voeteval
dans in die glans sonder jou lans
die sinnebeeld is onverdeeld
binne die geelstreep sonder dweep
onder sterreprag met jou eerlike drag
weer ‘n keer vlei hy hom neer
vlietig vluitig dalk stuitig
silwerrug teen die groen masseuse
ritselend rustig onder sterresig
bekoorlik stoorlik was die maan se val
ekstaties opreg en biokraties
ja, glimlag oor hierdie maanblaarvrug;
skryf oor die blaarval van die maan
© Francois Meyer April 2021
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.