Die soeke (797 woorde)
Ek sluip katvoet van een skaduwee na ‘n ander. Telkens loer ek oor my skouer om seker te maak niemand volg my nie. In die verte kan jy die polsende klank van voertuie wat vlieg en die ritmiese klak-klak van die wat op spore beweeg hoor. Miljoene mense wat iewers moet wees. Reuse hologramme flikker […]
Liefdesdiens
Stuur ‘n bemoedigende teks aan ‘n vriend of famiie lid elke dag, dit het krag en gee inspirasie. Om jouself te vorm om meer en meer soos Jesus te wees, om so te leer om God te vertrou met jou diepste seer en behoeftes met Hom te deel. Dit is waarvoor jy gebȏre is, om […]
Sabbatsreis vir my siel Silwer
wanneer die kettings van my polse val en voor my voete kletterknal, gooi ek my hande in lofsang na bo – die Vader het in my geglo Hy het my geweeg en goed gevind al was ek net ‘n sondaarskind, vasgeketting aan ‘n oerou-bond verlos deur Sy bloed op Golgota grond Hy het vir my […]
ontsnap
– oor die nuus een-en-dertig ontsnap los geveg met bewapendes oral begin vrees oop brand waar gaan hul volgende toeslaan daarmee – reg en geregtigheid verwater soos idees verkrummel geen beheer of wil meer oor in gereg geen gewete wat nog saak maak geen verantwoordelik neem net nog nuwe slagoffers – ©Teárlach
Wie sal my kan red? (goud)
Sal jy my kom haal wanneer ek myself donkerhartig vasbid teen ‘n kruis van pynskroeiende môrevrese terwyl ek sleepvoet stap op my Golgota pad sal jy my in die middernagure kom red wanneer wakkerlê my vaspen teen die slotreël van my laaste droom en ek myself verban na niemandsland of moet ek eerder aan ‘n […]
Paasfees oordenkinge – haas VS Paas (349 woorde) Silwer
Kyk, wragtag skrik ek nie die paashaas nie. Ek verafsku hom. Klein wollerige hasies, konyntjies of springhase het ek nie probleme mee nie. Nee, daardie Haas-Das-mens-haas met die groot blou oë; daardie haas bring die lelik in my uit. April maand is vakansie maand. Almal weet dit. Rondom Pase word verlof dae skelm ingedruk. Pappa […]
Koste van ‘n wapenstilstand
ek het ‘n wapenstilstand in die uithoeke van jou oë beleef; toe ek verby die skermutseling kyk wat verward stoei in jou kop kon ek waarneem dat jy lanse breek en van nuwe psalms preek jy predik dat berge nie kan verrys as die aardbewings in stilte suis nie dat koringkorrels eers moet sterf voor […]
kruiskyk (brons)
peukelgenade kerf ‘n leivoor in my siel aandadig in die evangeliewiel afwagtend op die Bruidegom se koms sal óns waardig of aardig voor Hom kniel? finaliteit berg tyd in die sekondeskuur elfder en twaalfder uur eis Hy die pêrels vir Sy kroon sissende ontnugtering in die vuur tyd tyd daar is nog tyd ná die […]
Pesag oorwinning 2121 (736 woorde) Silwer
Jankun swaai die net hoog bo sy kop. Vir ‘n sekonde huiwer hy. Dan trek hy die net stywer en ruk die klein bokkie nader. Die lem gly vinnig en sekuur oor die dier se nek. Die warm vloeistof druip oor sy vingers in die wagtende houer in. Hy lig die bokkie gemaklik oor sy […]
Vermoor vir my `n koloniekoraal
Skadupunte trek dwarshale aan die voet-en-end van die prentjie as die dag stotterend tot einde kom – jy lê onbepaald, soos `n lidwoord (aksent en al) gekrul in tekens wat vra op `n uitroep, dat die einde tóg maar sal kom in `n punt, of straks tartend ellips wat oophou, en uitstel, afstel en respyt […]