Jongste aktiwiteit:

Koste van ‘n wapenstilstand

ek het ‘n wapenstilstand
in die uithoeke van jou oë beleef;
toe ek verby die skermutseling kyk
wat verward stoei in jou kop
kon ek waarneem dat jy lanse breek
en van nuwe psalms preek
jy predik dat berge nie kan verrys
as die aardbewings in stilte suis nie
dat koringkorrels eers moet sterf
voor jy die ewigheid kan erf
na elke hooggety moet die branders
teen oewers van witsand vassteek;

my vuiste moes eers oopbreek
voordat ek onvoorwaardelik
myself aan vrede kon oorgee

© Anzè Bezuidenhout

 




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed