kruiskyk (brons)
peukelgenade kerf ‘n leivoor in my siel
aandadig in die evangeliewiel
afwagtend op die Bruidegom se koms
sal óns waardig of aardig voor Hom kniel?
finaliteit berg tyd in die sekondeskuur
elfder en twaalfder uur
eis Hy die pêrels vir Sy kroon
sissende ontnugtering in die vuur
tyd tyd daar is nog tyd
ná die basuin is dit net haat en nyd
© Francois Meyer
April 2021
Neologismes
peukelgenade – bewarende genade
evangeliewiel – die verloop van die goeie nuus
sekondeskuur – geskiedenis van die lewe
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2021 - Oordenkingsprojek