Wie sal my kan red? (goud)
Sal jy my kom haal
wanneer ek myself donkerhartig vasbid teen ‘n kruis
van pynskroeiende môrevrese
terwyl ek sleepvoet stap op my Golgota pad
sal jy my in die middernagure kom red
wanneer wakkerlê my vaspen
teen die slotreël van my laaste droom
en ek myself verban na niemandsland
of moet ek eerder aan ‘n asynlappie suig
en voor die duisterniskoning neerbuig.
© April 2021 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
• donkerhartig – iets soos terneerslagtig of hardseer
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2021 - Oordenkingsprojek