Vermoor vir my `n koloniekoraal
Skadupunte trek dwarshale
aan die voet-en-end
van die prentjie
as die dag stotterend tot einde kom –
jy lê onbepaald,
soos `n lidwoord
(aksent en al)
gekrul in tekens wat vra
op `n uitroep,
dat die einde tóg maar
sal kom in `n punt,
of straks tartend ellips
wat oophou,
en uitstel,
afstel en respyt
totdat dit daar doer, donker in tyd
in aanhaling sal hang.
Wederbaar haar
jou stom vernudeling
‘wyl jy die asem wurg
uit klanke van net nóg
`n verhole koloniekoraal.
©Eduard Smith 2021
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
wow wat n kragtoertjie!!!! PUIK!!!