Skadu oor die kruis
Wanneer jy diep in die blou-hemel kyk lyk die lug kreukel’loos, maar hoekom is die mens so roekeloos? Dit laat my dink dit laat my bly opkyk en in my gedagtes plant ek ‘n akkerboom langs ‘n kronkel rivierstroom Hemel’trane drup teen sy blare af oor die skadu’kruis se bodemlose graf “Hemel’trane” reȅn ‘Skadu’kruis’ sondeput
Vir liefde en meer
Van weerloos tot vreesloos Sy liefde is kosteloos met stille heimweë Sy Genadebrood ontvang. Die grusame toneel wat voor die skare afspeel aan die kruis vir aasvoëlkos gehang druppels bloed wat plotsend op die grond neerval. En die huilende takke treur wanneer die boom’geraamtes askeur. ‘huilende takke’ blare afval ‘boom’geraamtes’ takke afbreek (c) Palet – […]
Die lied van ‘n ligtekooi-silwer
soms kom dood uit ‘n dieper plek ‘n aanspraak maak tot die oppervlak want ‘n masker is soos ‘n skadu iets wat innerlik nie kan verval vlerkloos wou sy vlieg waar die stilte vergaan in ‘n spieelblou maan ‘n kruis teen die muur paasoffers van plesier soos die stilte vergaan O’ Jerusalem het sy haar […]
die reuk van mis (Silwer)
bome in die oggendmis-grou vergestalt onverwags húlle wat my vooruit gegaan het en ek wil vertoef en onthou ek wil teen stamme gaan sit siel-stil die skurfte en léwe voel toe-oog troos én heimwee uit gewyde boomfluisteringe put en dan vergenoeg verder gaan leef met die reuk van mis wat aan my kleef Neologismes: Oggendmis-grou: […]
Dankie Jesus
‘n Bloedbevlekte kleed Hy val, Hy loop en staan weer op… vandag kan ons Jesus se oorwinning vier want Hy het uit die dood opgestaan, dankie Jesus vir U liefde en meer God se Seun het gekom, om ‘n losprys te betaal dit is die grootste geskenk wat iemand vir mens kan gee Geluidlose asemhaling […]
Vlugteling (Silwer)
my lewe is ‘n fluistering gehawend en verskeur; die ek in my, die vlugteling, deur storms meegesleur in hawens word ek vasgemeer, as skendeling in boei ingemessel, toegesmeer verguis om dood te bloei toe word my sielkant vrygekoop; nou koester ek ‘n hemelhoop A Fourie (Seindra) 26.04.2021 Neologismes 1. Skendeling- In hierdie konteks ‘n persoon […]
koekoekbeleid
koekoekbeleid (brons gradering) kru krake krit die soveelste kalendersnit as die vloermoer vir gunspolitoer stil stol met paaseierwit die damkerk volg haasstarrige waarheid leuens wat eggo in leeg eier naarheid; drup geleende tyd haastig verby volgens die koekoekbeleid eeu vir eeu beur tetelestai voort haas die basuin … soos dit hoort © Francois Meyer gunspolitoer […]
Begrip
Met blinde oë sien ek eintlik is die mensdom gek. Almal stry hul eie stryd koester ‘n skewe kromverwyt. Mense is nie gemaak om kruise te dra liefde is AL wat God van ons vra. Tog sleep ons el-ke-dag die seekathel wat ons tonge noop om te skel. Kom kyk, waters van rus is net […]
Paasfees nabetragting (SILWER)
Paasfees nabetragting in die gewoel van die wêreld waar ons woon is Paastyd vir menigte mens ʼn wegbreektyd uitstappies na vele plekke vol feestelike jolyt vergeet hul die dood is Evasvrugvergryp se loon uit Pasgabloedverbond ontstaan Paasfees die Lam vir ons geoffer as wynbrood Hy is vir ons gebreek en kom verlig ons nood so […]