koekoekbeleid
koekoekbeleid
(brons gradering)
kru krake krit
die soveelste kalendersnit
as die vloermoer vir gunspolitoer
stil stol met paaseierwit
die damkerk volg haasstarrige waarheid
leuens wat eggo in leeg eier naarheid;
drup geleende tyd
haastig verby volgens die koekoekbeleid
eeu vir eeu beur tetelestai voort
haas die basuin … soos dit hoort
© Francois Meyer
gunspolitoer – om net altyd geseën te word
damkerk – Sondag by die dam byeenkom
haasstarrig – verstarde paashaas navolging
koekoekbeleid – tyd wat nie stilstaan nie
kalendersnit – bekende deel van kalender
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2021 - Oordenkingsprojek