Begrip
Met blinde oë sien ek
eintlik is die mensdom gek.
Almal stry hul eie stryd
koester ‘n skewe kromverwyt.
Mense is nie gemaak om kruise te dra
liefde is AL wat God van ons vra.
Tog sleep ons el-ke-dag die seekathel
wat ons tonge noop om te skel.
Kom kyk, waters van rus is net ‘n kniebuig weg
en eensklaps is jou hele lewe … reg.
Voetnota:
a) Kromverwyt – verwyt jouself deur ander se dade op jouself te impliseer.
b) Seekathel – Die wurgende knellende angs en emosionele pyn wat ons onsself besorg veral deur onnodige bekommernis en selfverwyt.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2021 - Oordenkingsprojek