Jongste aktiwiteit:

Paasfees nabetragting (SILWER)

Paasfees nabetragting

in die gewoel van die wêreld waar ons woon
is Paastyd vir menigte mens ʼn wegbreektyd
uitstappies na vele plekke vol feestelike jolyt
vergeet hul die dood is Evasvrugvergryp se loon

uit Pasgabloedverbond ontstaan Paasfees
die Lam vir ons geoffer as wynbrood
Hy is vir ons gebreek en kom verlig ons nood
so word ons van stink sondesmet genees

mag ons daarom Goeie Vrydag nou herdenk
as tyd waar Hy ons die ewige lewe wil skenk

©Marlene Erasmus
24/04/2021

*Evasvrugvergryp : Eva se vergryp na die verbode vrug.
*Pasgabloedverbond : lam geslag se bloed aan deurkosyn as verbond.
*Wynbrood : die bloed en liggaam van Jesus as wyn en brood vir ons.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed