die reuk van mis (Silwer)
bome in die oggendmis-grou
vergestalt onverwags húlle
wat my vooruit gegaan het
en ek wil vertoef en onthou
ek wil teen stamme gaan sit
siel-stil die skurfte en léwe voel
toe-oog troos én heimwee
uit gewyde boomfluisteringe put
en dan vergenoeg verder gaan leef
met die reuk van mis wat aan my kleef
Neologismes:
Oggendmis-grou: Die grysheid wat hang oor ‘n landskap gehul in mis
Siel-stil: Wanneer stil berusting en aanvaarding heers in ‘n siel
Boomfluisteringe: Die geheime taal van die natuur.
©Elmarie Nienaber van Kampen
27 April 2021
3 Kommentare
-
Seirdna
Pragtig Elmarie en baie geluk met jou eerste plek in die Silwerafdeling
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2021 - Oordenkingsprojek