
vry
–
my siel vry met die koel seelug
waar dit sweef oor die lewe se see
ver daar onder op my duin sit ek
ou man en bewe van die soel
seebries wat om my stuif
–
willens en wetens tart hy die lug
waar lig spieël teen eerstelig strale
wat fladderend verby hom dans
in vlerkslag van suikerbekkie
wat verblindend beweeg
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.