
Dankie Jesus
‘n Bloedbevlekte kleed
Hy val, Hy loop en staan weer op…
vandag kan ons Jesus se oorwinning vier
want Hy het uit die dood opgestaan,
dankie Jesus vir U liefde en meer
God se Seun het gekom,
om ‘n losprys te betaal
dit is die grootste geskenk
wat iemand vir mens kan gee
Geluidlose asemhaling aan die kruis
met ‘n gloedrooi-son wat oor Hom skyn
stil word ontwyk Sy lydende pyn
en toe die blink is sy oȅ verdwyn,
het Hy sy Gees aan Sy Vader oorgegee
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2021 – Oordenkingsprojek MAAR ek kan nie die bydrae trek nie aangesien jy nie die projek opdrag nagekom het nie. 2 x kwatryne 1 x koeplet 2 x nuutskeppings wat jy moet uitwys onder aan jou gedig