Ark en krip en kruis
O God van ark en krip en kruis God van swaard en gebalde vuis die mensdom weet nie meer van U offer, die pyn en seer kinders bedel met oë groot vir hul daaglikse brood tog bly harte gesluit óns hou jolyt wáár het U boodskap verdwyn? tussen mense se seer en pyn? of in […]
Kaalvoet Vrou-wees
Die kaalvoet vrou ‘n eike skaduwee, stil, sterk, standvastig, diepgewortel in Gees en waarheid. In haar takke is rus, vrede en liefde. Haar groen lower blare ritsel fluistering als is onder beheer… My Kaalvoet kind. Plek-plek is haar bas gekrap, gesny, weggeskeur deur die lewenswinde en donderweer. Storms bars, bliksem strale breek… ‘n gil. Gestroop, […]
terugblik
die rotse val om ‘n herstelde Simson sy lokke van getuienis streel oor sy skof Jefta traan oor onverskillige beloftes en Gideon se bende verminder Debora se tentpen behaal ‘n oorwinning Jonatan stuur Dawid om sy pyl te haal Dawid skend Saul se mantel en treur oor Absalom wat aan sy hare hang Natan sê […]
Veerloos die nagtegaal
Veerloos die nagtegaal hoe het ek hier beland in hierdie donker land wat knaag aan my verstand bly dryf my na afgrond se rant… hoe ver moet ek hardloop hoeveel siele nog verkoop in swartgalligheid gedoop van alle menswees kaal gestroop verskroei… gebloei…. moeg is ek gestoei… veryste trane kan nie vloei! was nie meer […]
Heldebeelde (Silwer)
daar’s blomme wat deur mymering in kosmokraters blom en uit seisoene wat verjaar het se koesterkelders kom wat teen berg en dal kalmerend pantoene skep oor tyd, waar die reuse en die helde hul rusmomente slyt hul dade van vergange hou in stories ‘n verhaal van ongeloof en hulde wat die hordes oor hul taal, […]
onder
– herfs is mooi ook in weskus bioom na maande se droogte wag alles op sy eie winter reën – onder my duin lê jare se geskiedenis laag op laag verberg onder nuwe sand en skulpdiere – wat lê verberg onder al my reaksies op hedendaagse simptome van siek en bose wêreld hoe herlei dit […]
enig eindig
– drie eeue se stryd nader einde van tyd ongekende verguising wêreldwye afkeer en afgunstigheid – eensydige vertolking van afrika wet en orde gee, gee en gee net anders onwelkom en afgeskryf – ooglopende negering van minderheid regte onbeheerde massas wat toegelaat word om onwettig verwoesting te saai, aan die orde van die dag – […]
rym die raam
– vandag, soos elke dag trek sonstrale my duin se profiel in lang drade in die duin strate op – eerste lig se wasem soos nette oor die see gespan tot natuur vir ontbyt begin aansit – rame van flitse wat ewig kom en gaan in aarde se bestaan in mens-oë vertolk – tog is […]
Wanneer jy my skroei
Wanneer jy my skroei… binne hitte geleiding waar vuurvonk hitte verraai vonke vuur aanhits binne smeulende nadraai naggloed skarlaken geskroei met die redenasie bly stoei want vuurtong spring oor grense verhaal opgegaarde spense verteer waar iemand moes leer los onuitspreeklike seer… trots staan teatraal sterk sal die groei van vergifnis beperk al kniel jy hóe […]