Ark en krip en kruis
O God van ark en krip en kruis
God van swaard en gebalde vuis
die mensdom weet nie meer
van U offer, die pyn en seer
kinders bedel met oë groot
vir hul daaglikse brood
tog bly harte gesluit
óns hou jolyt
wáár het U boodskap verdwyn?
tussen mense se seer en pyn?
of in wêreldse goed?
was ons weer met u Bloed!
laat U vreugde in ons leef
U genade aan ons bly kleef
sodat ons die Kind
in ons harte weer kan vind
maak U ons harte weer oop
dan staan ons nakend – gestroop
al wat dán nog sal bly
U liefde en oneindig medely
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
pragtige gedig!!