Jongste aktiwiteit:

terugblik

die rotse val om ‘n herstelde Simson
sy lokke van getuienis streel oor sy skof
Jefta traan oor onverskillige beloftes
en Gideon se bende verminder

Debora se tentpen behaal ‘n oorwinning
Jonatan stuur Dawid om sy pyl te haal
Dawid skend Saul se mantel en
treur oor Absalom wat aan sy hare hang

Natan sê vir Dawid jy! is die man
Salomo se huis is groter as die tempel
Naáman duik in die Jordaan
en Daniël wandel in die leeukuil

Ragab se rooi tou red spioene
Isébel vermoor die profete
Nabot se wingerd word gesteel
en Elia gaan met vuurwaens huistoe

wat is die waarde van jou bestaan?
as geen traan opdam oor die Paaslam
die hisopstingel skryf aan die deurpos
maar verander die Bloed jóú etos?

Sy vinger teken in die sand
klippe val uit vele sondige hand
Ek veroordeel jou ook nie
gaan en sondig nie meer

© Francois Meyer April 2021 Brons gradering




My naam is Francois Meyer, getroud met n pragtige vroutjie, Jessica. Ek is n trotse pa van vier seuns. Die kewe is ryk aan kosbare waarhede wat ons gedagtes daagliks vul. Soms het ons die moed om dit op papier neer te pen sodat ander dit kan lees. Hoop jy geniet die lees soos ek dit ook geniet!

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed